In Binnerym van bloed: ‘n Outobiografiese roman keer die ikoniese digter en skrywer, ANTJIE KROG terug na die Vrystaat se vlaktes waar sy grootgeword het. In die verhaal oor die verhouding tussen ‘n ma en haar dogter, weef sy woorde, dagboeke, briewe en foto’s saam om veral die aftakeling van oudword te illustreer. Skrywer en joernalis, RUDA LANDMAN gesels met Antjie oor hierdie prosawerk vol humor, deernis en haar skrywersma, Dot Serfontein.

Ouderdomsbeperking: Geen

Kaartjienota: Drankies sal op eie koste beskikbaar wees.

Daar sal ‘n geleentheid wees om die skrywers ná die praatjie te ontmoet en hul boeke te koop.