Een van Afrikaans se geliefdste en gewildste skrywers, DANA SNYMAN gesels oor sy drie jongste boeke: Wie de hel is Johnny Joubert?, Seun en Die binneland in. JACO STRYDOM, teoloog en skrywer van niefiksie soos Eendag is te ver en die roman Daka, volg die goue draad in Dana se stories.

Ouderdomsbeperking: Geen

Kaartjienota: Kos en drankies sal op eie koste beskikbaar wees.

Daar sal ‘n geleentheid wees om die skrywers ná die praatjie te ontmoet en hul boeke te koop.