In Heks neem DIBI BREYTENBACH haar toevlug tot sprokies en mites om haarself teen ‘n oorlog én geweld tussen haar eie vier mure te beskerm. MARIETA CARRICK se Bloed van ‘n vlinder is ‘n sielkundige riller – met ‘n magiese ondertoon – wat in hospitaalgange afspeel. LEON VAN NIEROP, skrywer van Die volmaakte moord, hoor by dié twee krimi-skrywers hoe hulle vreemde, bloedstollende gebeure beplan.
Kuier vroegoggend oor ‘n koppie koffie saam met Dibi, Leon en Marieta by O’s Coffee in die Lonely Rooster-sentrum (oorkant die Protea hotel). Die eerste 30 gaste wat hul toegangskaartjies toon se koffie is boonop gratis! O’s Coffee is van 7:00 – 17:00 oop. Die boekgesprek begin stiptelik 8:00.
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjienota: Kos en drankies sal op eie koste beskikbaar wees.
Daar sal ‘n geleentheid wees om die skrywers ná die praatjie te ontmoet en hul boeke te koop.