In dié eenvrou-opvoering, gooi Amore Bekker soos wafferse keldermeester die elemente van komedie en klug, tragedie en melodrama in ‘n glas saam. Teug saam met haar aan vermaaklike stories en soet herinneringe oor wyn. Op haar unieke manier vermeng sy dit met ‘n goeie skeut nostalgie. Hier’s jou kans om Bacchus, die god van wyn, van naderby te leer ken! ‘n Glas gratis wyn is by die kaartjieprys ingesluit.
Teks: Amore Bekker. Regie: Tobie Cronjé. Vervaardiger: Leftfoot Productions.
Ouderdomsbeperking: 16+
Kaartjienota: ‘n Glas wyn is ingesluit in die kaartjie prys