Dibi Breytenbach is ’n skrywer van KwaZulu-Natal. Sy werk in die strafregstelsel, veral met kindersake. Ná sewe spanningsromans, Saliger, Vrediger, Heiliger, Dowe gode, Blinde gode, Stom gode en Buit, slaan sy met Heks ’n nuwe rigting in.