Leon van Nierop is ’n bekende omroeper, skrywer, regisseur, podsender, voorsitter van die National Film and Video Foundation en vervaardiger. Van sy bekendste boeke sluit in Moord op Lake Panic, Duiwelsroos en Die volmaakte moord.

Hy het verlede jaar Het van Verlangekraal deur Johann Bekker vir die verhoog verwerk. Hy is al met verskeie toekennings bekroon, onder ander onlangs ’n KOKER-toekenning vir sy lewenslange bydrae aan die vermaaklikheidsbedryf vir sy rolprentresensies en skryfwerk.

Hy het ook Ballade vir ‘n enkeling vir kykNET geskryf en vervaardig, Wolwedans in die Skemer en die TV-reeks Daar doer in die fliek.