Marieta Carrick werk in mediese tegnologie. Haar debuutroman, Waar bloed kruip, verskyn in 2020. ’n Nuwe uitgawe word in 2026 uitgegee. In 2025 publiseer sy Bloed van ’n vlinder. Met ’n agtergrond in die mediese veld beeld sy die hospitaalruimte in haar sielkundige rillers geloofwaardig uit. Sy woon in die noordelike voorstede van Kaapstad.