Elna Rossouw is van jongsaf lief vir lees. Ná haar universiteitstudies werk sy eers as verslaggewer by Beeld en Sarie voor sy by rooirose as besturende redakteur aangestel word. Aan die begin van die millennium, verruil sy die praktyk vir die akademie en gee klas by UJ. Kort voor haar aftrede, verwerf sy haar doktorsgraad in joernalistiek. Elna en haar man, Kobus kuier al sedert hul studentedae op Clarens. Hulle woon in Johannesburg, maar het vyf jaar gelede ‘n huis op die dorp saam met hul kinders gekoop. Nou word hul wegbreke al hoe langer! Elna dien op die Direksie van die Clarens Kunstefees en is deel van die kreatiewe span wat die gesprekke oor boeke saamstel.